Video: Vragmotor vlieg deur lug, val deur dak van fabriek

Daar word beweer die die bestuurder van die vragmotor het beheer verloor.

Video: Vragmotor vlieg deur lug, val deur dak van fabriek

Foto: Skermgreep

KWAZULU-NATAL. – In die video wat oral gedeel word, kan gesien word hoe die vragmotor by ’n steilte afry en deur die lug trek wanneer dit oor die rand van ’n bult ry en dan deur die dak van ’n fabriek val.

Die voorval het in Westmead, Pinetown gebeur. Daar word beweer die bestuurder van die vragmotor het beheer verloor. Leon Fourie, Rescue Care Paramedics se operasionele bestuuder, sê die vragmotorbestuurder is ernstig tydens die voorval beseer. Niemand anders is beseer nie.

Die saak word ondersoek.

Kyk die video hier:

https://www.facebook.com/afrinuus/posts/114128990665101

LEES OOK: Man steek hond – vrygelaat

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *