Minibustaxi betrokke in ongeluk wat agt lewens eis
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met hulle aankoms op die toneel het mense verspreid oor die pad gelê.

Foto: Arrive Ailve
JOHANNESBURG. – ‘n Minibustaxi het ongeveer 30 km buite Wolmaransstad teen ’n steilte afgery.
Geen ander inligting oor die voorval is beskikbaar nie. Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met hulle aankoms op die toneel het mense verspreid oor die pad gelê. Agt mense, waaronder ‘n kleuter van drie jaar, is op die toneel dood verklaar. Verskeie ander is beseer en na ’n hospitaal vir behandeling geneem.
LEES OOK: Bejaardes op kleinhoewe aangeval, geskiet, onherkenbaar verbrand
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.