Bejaardes op kleinhoewe aangeval, geskiet, onherkenbaar verbrand

Hulle het onherkenbaar verbrand toe die huis aan die brand gesteek is.

GAUTENG. – Twee bejaardes, onderskeidelik 88 en 84 jaar oud, is die naweek op ’n kleinhoewe op Bapsfontein aangeval en geskiet. Hulle het onherkenbaar verbrand toe die huis aan die brand gesteek is.

Bejaardes se liggame gekry

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê hulle is deur veiligheidswagte ontbied wat die huis sien brand het. Volgens Makhubele was die brand groot en die slagoffers se liggame kon eers nadat die brand deur die brandweer geblus is, uit die huis gehaal word.

Die nuus van die aanval is deur verskeie mense en plaasaanvalgroepe op sosiale media gedeel. “Wat het hierdie twee bejaardes gedoen om dit te verdien en só vermoor te word?” vra Debbie Els, bekende aktivis teen plaasmoorde op Facebook.

LEES OOK: Hond deur man by kuierplek gesteek

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: