February 28, 2021

Gestremde dogter en ma verloor hul broer en seun aan selfdood

KAAPSTAD. – Ronel Vermeulen (57) ’n ma van hier en haar 33 jarige gestremde dogter, Yolandi Vermeulen, is tans woonagtig in dieselfde kamer waar haar seun Andre Vermeulen (26) homself opgehang het.

KAAPSTAD. - Ronel Vermeulen (57) ’n ma van hier en haar 33 jarige gestremde dogter, Yolandi Vermeulen, is tans woonagtig in dieselfde kamer waar haar seun Andre Vermeulen (26) homself opgehang het.

KAAPSTAD. - Ronel Vermeulen (57) ’n ma van hier en haar 33 jarige gestremde dogter, Yolandi Vermeulen, is tans woonagtig in dieselfde kamer waar haar seun Andre Vermeulen (26) homself opgehang het. Foto; Ronel Vermeulen

KAAPSTAD. – Ronel Vermeulen (57) ’n ma van hier en haar 33-jarige gestremde dogter, Yolandi Vermeulen, is tans woonagtig in dieselfde kamer waar haar seun André Vermeulen (26) homself opgehang het.

Ronel vertel dat hulle nog altyd dinge moeilik gehad het en sy vermoed haar seun kon dit net nie meer hanteer nie. Sy is ’n enkelouer en moet nou na haar verstandelik gestremde dogter omsien. Beide van hulle ontvang SASSA-geld van R1 800 ’n maand en huur die kamertjie vir R1 200 ’n maand.

Ronel sê sy kyk elke dag in die hartseer van haar kind se dood vas. As sy opstaan, word sy daaraan herinner dat haar seun sy eie lewe geneem het.

Volgens Ronel is sy al 18 jaar op ’n waglys vir behuising van die regering, maar daar kom niks daarvan nie.

Ronel se haar grootste droom is om net weg te kom van die seer en verdriet van waar André sy lewe geneem het. Sy wil graag na ’n ander plek trek en op haar eie voete leer staan terwyl sy en haar dogter nuwe herinneringe saam skep.

Haar finansies laat dit ongelukkig net toe dat sy en haar dogter met die minimale benodighede klaarkom en dinge gaan maar moeilik.

Lees meer artikels hier.

André Vermeulen het sy lewe geneem die 18de Mei 2018

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: