Klapperolie is ’n baie gesonde produk vir mense en vir diere, maar is jy bewus dat die hele kokosneut net so goed is vir jou hond? Dit is ’n goeie idee om vir jou hond so nou en dan ’n hele een te gee. Dit sal hom vir ure besig hou en dan uiteindelik sal hy die lekker binnekant van die klapper kan geniet.
Volgens The dog bakery is die volgende ’n paar goeie redes hoekom jou hond so nou en dan een van hierdie steenvrugte kan geniet:
- Dit bevat louriensuur, wat help om virusse te beveg en hul immuniteit op te bou.
- Dit bevat ook albumien wat help met die vorming van rooibloedselle.
- Dit vir ’n stink honde-asem.
- Dit is gesond vir ’n hond se pels en help vir ’n droë vel.
Kokosneut hou ’n aantal goeie eienskappe vir jou hond se gesondheid in. Dit is heeltemal veilig om vir jou hond die hele kokosneut net so in die dop te gee, solank dit onder jou oog gebeur. Behalwe die dop mag jou hond die hele kokosneut eet. Dit sal hom vir ure besig hou, weg van jou skoene af.

Lees meer artikels hier.



