Baba gebore met drie arms en halwe hart

BRAZILIE.- ’n Baba van hier wat gebore is met ’n halwe hart en drie arms, het reeds vyf operasies ondergaan.

BRAZILIE.- ’n Baba van hier wat gebore is met ’n halwe hart en drie arms, het reeds vyf operasies ondergaan.

Foto: All4Women

BRASILIë.- ’n Babaseuntjie van hier wat gebore is met ’n halwe hart en drie arms, het reeds vyf operasies ondergaan. Behalwe sy halwe hart en ekstra arms is hy met nog afwykings gebore.

Volgens All4women het Cesinha pas vyf maande oud geword. Sy ouers was geskok toe hy met drie arms, ’n halwe hart en ander abnormaliteite gebore is, omrede geen voorgeboortesorg sulke probleme aangedui het nie.

Die operasies wat hy reeds ondergaan het, was om sy tong, diafragma en hart te herstel. Sy derde arm is onbeweeglik. Na verwagting sal Cesinha nog vele meer operasies benodig.

Dokters glo daar was ’n tweeling in die baarmoeder, maar Cesinha het teenoor die ander een “baklei”.  Genetiese toetse sal beslis of hierdie hipotese waar is of nie.

Cesinha se hart het nie reg ontwikkel aan die linkerkant nie.

Ten spyte van Cesinha se mediese toestande is hy uit die hospitaal ontslaan, maar moet vir gereelde ondersoeke teruggaan.

Lees meer artikels hier.

Foto: All4Women

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: