Leeukop: Man val na dood op berg

Volgens die polisie word geen vuilspuil word vermoed nie.

KAAPSTAD. – Die polisie ondersoek die dood van ’n stapper wat gegly en na sy dood geval het, toe hy Sondagoggend aan die Kampsbaai-kant van Leeukop gestap het.

IOL berig die man en sy medestapper, ’n vrou, het op die punt van ’n uitkykpunt gesit voordat sy begin skree het vir hulp.

Andre Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ’n saak geopen na die dood van ’n onbekende man wat Sondagoggend omstreeks 09:00 op Leeukop dood is nadat hy op ’n rots gegly het en sowat 100 m na sy dood geval het. Volgens die polisie word geen vuilspel vermoed nie.

LEES OOK: Bejaardes op kleinhoewe aangeval, geskiet, onherkenbaar verbrand

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *