Vier kinders dood toe sandbank meegee

Die liggaam van die vierde kind is vanoggend omstreeks 02:20 gevind.

Vier kinders dood toe sandbank meegee

Vier kinders dood toe sandbank meegee

KAAPSTAD. – Vier kinders, waarvan die ouderdomme nog nie bekend is nie, is gister dood toe ’n sandbank waarop hulle gespeel het, meegegee het. Die kinders het glo daar gespeel toe die sand op hulle ingeval het en hulle vermoedelik versmoor het.

Soek-en-reddingsspanne ontbied

’n Dringende soek-en-reddingsoperasie is van stapel gestuur om die kinders onder die ingestorte sand te probeer uithaal. Tragies genoeg is net die lewelose liggame van die kinders een vir een opgespoor.

LEES OOK: Man dood tydens kop-aan-kop-botsing

Nooddienste is Maandagmiddag omstreeks 15:10 na die N2 by Borcherds Quarryweg in Nyanga naby Kaapstad-lughawe ontbied nadat mense rapporteer het dat die kinders vermis word.

Liggame opgespoor

Die liggame van twee seuns is omstreeks 18:00 uitgehaal en die derde is omstreeks 21:00 gekry. Die liggaam van die vierde kind is vanoggend omstreeks 02:20 gevind.

Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ’n ondersoekdossier is geopen sodat die polisie kan vasstel hoe die voorval plaasgevind het.

Lees meer stories hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: