February 26, 2021

Vrou dood in kar gevind met veiligheidsgordel om haar nek

Die vrou wie se liggaam hier, met ‘n veiligheidsgordel om haar nek, in n motor in Bonteheweul gevind is, is geidentifiseer as Shakira Lucas (51).

Die vrou wie se liggaam hier, met 'n veiligheidsgordel om haar nek, in n motor in Bonteheweul gevind is, is geidentifiseer as Shakira Lucas (51).

Die liggaam van ’n Shakiera Lucas (51) is met ’n veiligheidsgordel om haar nek in ’n motor in Bonteheuwel gevind. Foto: Pixabay

KAAPSTAD.- Die vrou wie se liggaam hier, met ‘n veiligheidsgordel om haar nek, in ‘n motor in Bonteheuwel gevind is, is geïdentifiseer as Shakira Lucas (51).

Volgens All4Women is die polisie besig om ondersoek in te stel, maar volgens Andrè Traut, die polisie se segsman, word vermoed die vrou het haar eie lewe geneem.

Edwina Jason, Lucas se suster, beweer sy het na haar ma toe gegaan na ’n onderonsie met haar man. Lucas het om en by 1:00 by haar ma se huis aangekom en is laas gesien toe sy die huis Saterdagoggend verlaat het. Jason sê sy sou haarself nooit seermaak nie. Lucas se liggaam is deur haar broer gevind.

Angus McKenzie, wyksraadslid, het in ‘n verklaring ook gewys op die moontlikheid van vuilspel. “Ons is absoluut geskok en baie teleurgesteld. Binne 12 uur gaan die SAPS van GBV-voorval na selfmoord sonder ‘n bietjie bewyse, forensiese werk of getuieverklarings. Ek is baie bekommerd.”

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: