‘n Gespanne situasie heers op die Delhi-Utaar Pradesh-grens by Ghazipur nadat die polisie volgens NDTV betogende boere uiteen kon dryf. Die boere het egter teruggekeer om te betoog naat hulle aangehits is deur ‘n video van hulle hoofleier Rakesh Tikait. In die video sê Tikait hy is gereed om koeëls te trotseer of homself om die lewe te bring.
Tikait se Bharatiya Kisan Union (BKU) het ‘n vergadering belê te midde van groot ontevredenheid omdat geweld losgebreek het tydens ‘n trekkertydren Dinsdag. ‘n Oormag owerhede, is opdrag gegee om die boere, wat reeds twee maande teen wette protesteer, te verdryf.
Tikait se: “Hulle wil boere vernietig, ons sal dit nie toelaat nie. Die wette sal teruggetrek word, óf ek, Tikait, sal myself doodmaak. Hierdie is ‘n sameswering teen boere”.
Die grense word tans deur sterk polisie verteenwoordigheid oorheers.
Die boere betoog teen drie wette wat glo hul inkomste aansienlik sal verswak deur gewaarborgde minimum pryse weg te neem en hulle kwesbaar vir ondernemings te laat. Die regering sê dat die wette hervormings in die landbousektor bring, en dit sal boere toelaat om hul produkte oral in die land teen mededingende pryse te verkoop.



