’n Anale depper kan meer doeltreffend wees om Covid-19 op te spoor

Foto: The Citizen
Die anale toetsmetode kan meer effektief wees in die opsporing van diegene wat Covid-19-positief is.
Volgens The Citizen het China reeds begin om van die metode gebruik te maak. Klein uitbrake van Covid-19 het veroorsaak dat sekere gedeeltes van China afgesluit is van die res van die land. Massatoetsveldtogte is geloods wat eers gebruik gemaak het van die keel- en neusdeppers. Owerhede het verlede week in Beijing ’n aantal mense getoets deur gebruik te maak van die anale toetsmetode.
Li Tongzeng, ‘n senior dokter van die You’an-hospitaal in Beijing, sê die anale toetsmetode kan die opsporingstempo van besmette mense verhoog, aangesien die virus langer in die anus vertoef as in die lugweë.