Mandrax in kind se gesig geblaas om hom beter te laat slaap, erken ma

Mandrax is in ’n 22 maande oue baba, Orderick Lucas, se gesig geblaas sodat hy beter kan slaap.

Mandrax in kind se gesig geblaas om hom beter te laat slaap

Foto: CANVA

KAAPSTAD. – Mandrax is in ’n 22 maande oue baba, Orderick Lucas, se gesig geblaas sodat hy beter kan slaap, het Davidene Lucas in die Wes-Kaapse hooggeregshof erken.

Melvin Volkwyn, ’n vriend van die ma, saam met wie sy gewoonlik Mandrax en tik gebruik het, word van die moord op Lucas beskuldig. Die saak volg na die kind in Maart 2020 vermis geraak het. Sy liggaam is ’n paar dae daarna in ’n stormwaterpyp gevind.

Die ma het haar seun op die betrokke dag in die sorg van Volkwyn gelos. Hy het aan die hof gesê hy het die kind daarna na sy ouma geneem.

Die ma het ook ’n ouer kind wat in die sorg van haar biologiese pa geplaas is.

LEES OOK: Matriekseun doodgeskiet voor man sy eie lewe by petrolstasie neem

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: