Man wat vrou (92) glo verkrag, opgehang in sel

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die verdagte wat in hegtenis geneem is nadat hy glo ‘n vrou (92) op Nuwejaarsaand verkrag het, het homself in die selle opgehang.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ‘n doodsondersoek word gedoen. Makhele sê ook die saak sal na die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat vir verdere ondersoek verwys word.

Die verdagte is die buurman van die slagoffer. Hy het haar glo met ‘n mes gedreig en verkrag. Lees die vorige berig hier.