Sukkel jy met pofferigheid om jou oë? Kort jou hare ‘n voedende masker?
Aartappels
Rasper ‘n groot rou aartappel. Druk die gerasperde aartappel tussen twee servette of skoon sakdoeke. Sit dit net so op jou oë en gaan lê vir 30 min.
Eiers
Klits ‘n eiergeel en meng dit met ‘n koppie warm water. Was jou hare met hierdie mengsel. Nadat jy die mengsel oral oor jou hare en kopvel masseer het, spoel dit met warm water af.



