VRYSTAAT. – ’n Vrou (92) is na bewering deur ’n man met ‘n mes gedreig en verkrag voordat hy haar TV-stel gesteel het.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, se ’n 34-jarige man van Tlholong is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. Volgens Makhele het die verdagte glo deur die vrou se kamervenster geklim. Die verdagte het weer deur dieselfde venster te voet met die TV gevlug.



