’n Botsing tussen ’n vragmotor en twee minibustaxi’s het agt lewens net na Nuwejaar geëis.
Die vragmotor het in die rigting van Kaapstad gery en die minibustaxi’s in die rigting van die Oos-Kaap. Die bestuurder en een insittende van een taxi is noodlottig beseer. In die ander taxi is sewe insittendes en die bestuurder dood.
Die bestuurder van die vragmotor is ernstig beseer.







