Kapenaar (53) in vrystaat vermis – gevind

Deel hierdie storie / Share this story

PARYS. – Rita Hawkins (53) wat drie dae gelede as vermis aangemeld is, is vanoggend deur ’n verbyganger by die Vaalrivier gevind.

Sy is op 30 Desember as vermis by die polisie aangegee. Sy is oorspronklik van Bellville en het by haar tannie in Parys gekuier. Hawkins is glo verstandelik gestremd.

Sy is na ’n hospitaal vir mediese behandeling en waarneming geneem. Die polisie bedank almal wat gehelp het met haar opsporing.