’n Hartaanval vind plaas wanneer die bloed wat na die hart vloei, geblokkeer word. Die hart se spiere begin dan doodgaan.
Dit is goed om bewus te wees van die tekens van ’n hartaanval sodat jy die nodige hulp kan ontbied.
- Jy voel ’n pyn of benoudheid in jou bors.
- Jy is baie moeg. Die moegheid hou gewoonlik vir dae aan.
- Jy raak flou of jy voel lighoofdig.
- Jy ervaar ’n pyn in jou skouer, nek, kakebeen en arms.
- Jy is naar.
- Jy is kortasem. Dit kan met of sonder borspyne wees.
- Jy begin eweskielik sweet.
- Jou familie het ‘n geskiedenis van hartaanvalle.
- Jy is dalk ’n diabeet, oorgewig of het ’n ander mediese toestand wat tot ‘n hartaanval kan lei.





