April 18, 2021

Bekende RSG-omroepers kry afleggingsbriewe

Foto: News24

Al die permanente omroepers van Radio Sonder Grense (RSG) soos Martelize Brink, Haidee Muller, Johan Rademan, Jacqui January en Fritz Klaaste het afleggingsbriewe ontvang.

Dit volg na die SAUK vandeesweek aangekondig het dat hy 400 van sy 3 000 werknemers aflê. Lees meer hier.

Die SAUK het verlede jaar ’n reddingsboei van R3,2 miljard van die staat ontvang op voorwaarde dat hy besnoeiings doen.

Bomgumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK-raad, het Woensdag bevestig die afleggings sal voortgaan.

Beeldmateriaal van ’n vergadering waarin Phathiswa Magopeni, hoof van nuus en aktuele sake, glo onderneem het om die afleggingsbriewe terug te trek, het op sosiale media verskyn. Chriselda Lewis, ’n TV-joernalis, vaar in die beeldmateriaal uit en sê die raad moet sy struktuur vat en padgee.

Kyk hier na die video:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: