December 2, 2020

Spar-werkers steek glo winkeldief aan die brand

LIMPOPO. – ’n Buitelandse vrou (40) is glo deur Spar-werkers aan die brand gesteek nadat sy kos ter waarde van R25 gesteel het.

Volgens SApeoplenews, het die vrou dae laas geëet en op 10 November 2020 kos ter waarde van R25 gesteel. Na bewering het werkers van die SuperSpar die vrou genader en gevra wat sy gekoop het. “Ek was eerlik en het vir hulle die vleis gewys,” het die vrou, wat anoniem wil bly, gesê.

Met brandspiritus gegooi

Die werkers het na bewering die vrou met brandspiritus gegooi en haar aan die brand gesteek. Inwoners het tot die vrou se redding gekom en die polisie gebel wat onmiddellik reageer het.

Die winkel is toegemaak en eers weer die volgende dag geopen.

Twee mense van 27 en 40 jaar oud is die volgende dag in hegtenis geneem en sal weer in Januarie 2021 in die hof verskyn.

Brandwonde en hospitaal

Die vrou se arms, bene, middellyf en geslagsdele het brandwonde opgedoen. Sy is na ’n plaaslike hospitaal vir behandeling geneem.

Die Spar-groep het in ’n verklaring gesê hulle is geskok en verafsku oor die gedrag en het hulle opregte verskoning aan die vrou aangebied.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *