April 19, 2021

Wil jy leer om jouself te verdedig? Skakel in!

Foto: Verskaf

Marnu Basson (28), professionele gevegskunstenaar, sê dit was ’n kombinasie van Bruce Lee-flieks kyk en die feit dat hy as 10-jarige beroof is, wat hom laat besluit het om professionele gevegskuns as beroep te kies.

Basson, wat nou ’n klub het waar hy bokskuns, skopboks, MMA, Brasiliaanse jiujitsu en selfverdedigingsklasse aanbied, het in 2018 in Durban die MFC-weltergewigtitel verower. Weens kopbeserings wat hy net voor die geveg opgedoen het, kon hy nog nie weer sy titel gaan verdedig nie.

Basson vertel hoe hy gereedmaak voor hy by die hok ingaan. “Ek warm gewoonlik net op en gesels met my afrigter oor die geveg en die plan wat ons vooraf uitgewerk het. Die oomblik wat ek in daai cage klim, weet ek van niks anders as net wat voor my gebeur nie. Dis dan net ek en my opponent en al wat ek hoor, is my afrigter se stem.”

Basson is tussen 2013 en 2014 deur Warren Allison, ’n professionele EFC-gevegskunstenaar, afgerig en is steeds sy corner guy wanneer hy baklei.

“My grootste rolmodelle is Donald ‘Cowboy’ Cerrone, Khabib ‘The Eagle’’ Numagomedov en Stephen ‘Wonder Boy’ Thompson. Cerrone juis omrede hy dit love om te fight. Hy gee nie om wie sy opponent is, waar hy fight, wanneer hy fight en of hy betaal word nie. Hy wil net altyd fight.”

Oor wat Basson se planne vorentoe inhou, sê hy: “Wel, wanneer ek al die nodige scans en goed kan doen en ek my dokter se go-ahead het, sal ek beslis weer vir die titel wil gaan baklei.”

Basson sal Maandag 23 Oktober tussen 19:00 en 20:00 ’n regstreekse selfverdedigingsklas vanuit sy klub, Iron Fist MMA Academy, hier op FiND iT uitsaai. Hou ons dop om na die uitsending te kyk!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: