November 30, 2020

Veearts gevonnis oor verminkte apie

Foto: Canva

NIGEL. – Dr. Elfreda Alberts, ’n veearts, word Woensdag gevonnis nadat sy skuldig bevind ia aan mishandeling van ’n apie wat vermink in ’n hok in haar slaapkamer gevind is.

Alberts het meer as 30 jaar ondervinding en is vroeër vanjaar skuldig bevind toe sy geweier het dat lede van die DBV die erg verminkte blouapie verwyder. Sy het ook nie ’n permit gehad vir die aanhou van ’n wilde inheemse dier nie.

Wou die apie verwyder

Jaco Pieterse, DBV-inspekteur, het in die getuiebank gesê Alberts het die aap laat ly. Volgens Pieterse moes sy stappe geneem het om die apie se lyding te beëindig. Hy kan nie verstaan hoe iemand wat ’n veearts is en lief is vir diere ’n dier so kan laat ly nie. Die landdros het aan die hof gesê Alberts sê Pieterse wou die apie kom verwyder, maar sy het hom toegang tot die perseel geweier omdat hy ’n aggressiewe houding gehad het.

Volgens Alberts se getuienis het sy die apie van mense in Limpopo gekry, maar sy kon nie die name van die vorige eienaars of bewyse van betaling vir die amputasie van die apie se ledemate verskaf nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *