November 30, 2020

Man (26) gevonnis wat boervrou verkrag en met strykyster brand

BLOEMFONTEIN. –  ’n Man is lewenslange en nog 15 jaar tronkstraf toegedoen nadat hy ’n vrou (60) op haar plaas verkrag, gemartel en beroof het. Die twee vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Met ‘n strykyster gebrand en verkrag

Die slagoffer is in haar plaashuis op Harrismith deur twee mans oorval. Hulle het haar met ‘n elektriese koord en toue vasgebind. Daarna is sy verskeie kere met ‘n strykyster op haar borste gebrand, herhaaldelik met ‘n mes gesteek en meermale verkrag. Die twee mans het ook huishoudelike artikels gesteel en op haar bakkie gelaai.

Met die misdaad verbind

Phaladi Shuping, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Themba Makhubo in 2017 in hegtenis geneem nadat die polisie die slagoffer se selfoon wat tydens die rooftog gesteel is, opgespoor het. Makhubo het die selfoon verkoop en die man wat dit gekoop het, het die polisie op die spoor van Makhubo gebring. Hy is ook deur middel van DNA met die misdaad verbind. Die ander verdagte is steeds onbekend.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *