Bekende hawelose sterf na bus hom raakry

Deel hierdie storie / Share this story

GEORGE – Johan du Preez, ‘n bekende hawelose van George wat Dinsdag deur ‘n bus raakgery is, is oorlede.

Só berig die George Herald.

“Iemand wat aan die beskrywing voldoen, is gister oorlede,” het Nadia Ferreira, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid aan George Herald gesê. “Die hospitaal kon nog nie enige van sy familie opspoor nie.”

Lees hier meer oor die ongeluk.