Bekende hawelose deur bus raakgery

Foto: George Herald - Eugene Gunning
GEORGE – Johan du Preez, ‘n bekende hawelose op George, is Dinsdagaand omstreeks 19:00 deur ‘n bus raakgery.
Nadia Ferreira, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid, sê Du Preez is in ‘n bedenklike toestand, berig die George Herald.
Die voorval het volgens die George Herald by die verkeerslig waar Industrial- en Missionstraat kruis, plaasgevind.
Du Preez se hond, wat glo altyd aan sy sy is, het hom ook in die ambulans na die hospitaal vergesel.
Inspekteur Henrico Pypers van die Tuinroete-DBV het Du Preez na veiligheid geneem.
As enigiemand miskien kontak met Du Preez se familie het, kontak asseblief die hospitaal by 044 874 5122.