Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 2 237 meer geword. Daar is nou 749 182 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 20 206 en 749 182 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 110 384 toetse vir die virus doen.



