WES-KAAP. – Die man (39) wat vandag tydens die betoging by die Hoërskool Brackenfell in hegtenis geneem is, is vrygelaat.
Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die man is vrygelaat, maar moet Woensdag 11 November in die Kuilsrivier-hof verskyn. Hy word aangekla vir die ontlaai van ’n replika-vuurwapen.
Die voorval het gebeur tydens die EFF wat by die Hoërskool Brackenfell betoog het nadat ’n privaat funksie deur ouers en leerders gereël is. Die mense wat ’n video van die funksie gesien het, beweer daar was nie kinders van kleur na die funksie genooi nie.



