Hennenman-plaasaanval: Eddie breindood verklaar

Foto: Pieter en Eddie Hills (Facebook)

Eddie Hills (26), wat in die vroeë oggendure van 6 November op die Zwartpan-plaas met ‘n mes in die rug gesteek is, is gisteraand breindood verklaar.

Sy pa, Pieter Hills, is in die aanval in sy kop geskiet en is op die toneel dood verklaar. Eddie het die afgelope paar dae sedert die aanval in ‘n hospitaal in Johannesburg deurgebring.

Eddie se ma, wat ten tye van die aanval in Johannesburg was, het glo vir een van die plaaswerkers gevra om by die huis te gaan inloer omdat sy nie vir Pieter of Eddie in die hande kon kry nie. Die plaaswerkers het toe op Eddie in die kombuis afgekom.

Die polisie ondersoek tans ‘n saak van moord en huisbraak en het tot dusver vier verdagtes, waarvan een homself vermoedelik in die polisie-aanhoudingselle opgehang het, in hegtenis geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *