Meer oor Joe Biden se Suid-Afrikaanse skoondogter

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy geweet die nuutverkose president van Amerika, Joe Biden, het ‘n Suid-Afrikaanse skoondogter?

Melissa Cohen (34) is oorspronklik van Johannesburg en het verlede jaar met Hunter Biden (50) getrou.

Cohen het binnenshuise versiering studeer en het in haar vroeë 20’s na Los Angeles verhuis.

Cohen het vroeër vanjaar aan hulle babaseun, wat dié naweek saam met Joe op die verhoog was, geboorte gegee.

Cohen is ‘n aangenome kind en het in die verlede genoem dat sy deur ‘n isiXhosa-vrou grootgemaak is en eers op die ouderdom van ses leer Engels praat het.