Vyf in hof vir moord op Bafana-kaptein

Deel hierdie storie / Share this story

Die vyf beskuldigdes wat in verband met die moord op Senzo Meyiwa, die voormalige Bafana Bafana-kaptein, teregstaan, het vanoggend in die Boksburg-landdroshof verskyn.

Meyiwa is op 26 Oktober 2014 in ’n rooftog in ’n huis op Vosloorus doodgeskiet. Lees die vorige berig hier.

Daar was Dinsdagoggend ’n swaar polisieteenwoordigheid toe die verdagtes by die hof opgedaag het. Volgens Netwerk24 was daar ook ’n groepie van Meyiwa se aanhangers wat voor die hof bymekaargekom het.