NOORD-KAAP. – Mens hoef nie met alle idees buite die boks te dink nie, veral nie Kottie Venter van Kimberley nie. Venter het die idee, ‘Boks vir ’n boervrou’ begin om boervroue te help met noodsaaklike benodighede.
Boere Droogtehulp SA NPC
“Die gemeenskap kan bokse vul met noodsaaklikhede of enige bederfie wat hulle aan vroue wil gee,” vertel Venter van haar idee. Die idee loop saam met die Boere Droogtehulp SA NPC wat op 6 November in Kimberley aankom. Die 40 vragmotors met voer kom die dag by die Puma-vulstasie aan.
Volgens Chris van Beljon, stigter en organiseerder van Boere Droogtehulp SA NPC, vertrek die vragmotors 04:00 die oggend uit Rustenburg en sal teen 11:00 in Kimberley aankom. Vanaf Kimberley sal hulle na Beaufort-Wes vertrek.
70 vroue te help
“Die dag wanneer die vragmotors hier aankom, gaan ons ook kos aan die 100 vragmotorbestuurders gee. Chris en sy span sal dan die bokse vir die boervroue vat en dit uitdeel waar dit nodig is.” Venter se mikpunt is om 70 bokse te vul sodat 70 vroue gehelp kan word.
Venter sê die vereiste is dat die bok ’n appelboksgrootte moet wees. Die boks moet verkieslik klaar opgemaak by haar afgelewer word.
Indien jy iets wil skenk, skakel Kottie Venter by 076 111 2446.
Kontantbydraes kan ook gemaak word by:
Boere Droogtehulp SA NPC
FNB
Rek. no: 62801333163
Tak kode: 250655
Verwysing: Droogtehulp / Brand
Tjekrekening
Rustenburg



