Moord op Bafana-kaptein: Verdagte trek glo self sneller

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf mense is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op die voormalige Orlando Pirates- en Bafana Bafana-kaptein Senso Meyiwa.

Bheki Cele, minister van polisie, het vandag aangekondig een van die vyf wat in hegtenis geneem is, het dalk moontlik self die sneller getrek.

Dis vandag presies ses jaar na Meyiwa se dood. Hy is tydens ‘n rooftog in ‘n huis op Vosloorus aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Die wapen is volgens genl. Khehla Sitole, polisiewoordvoerder, nou eers gevind en is een van die belangrikste bewysstukke in die saak.

Die verdagtes verskyn Dinsdag in die Boksburg-landdroshof.