Waterbeperkings tot verdere kennisgewing

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die Sol Plaatje-munisipaliteit het die watertoevoer na die hoër topografiese gebiede van die stad vanaf die Newton-reservoir aangeskakel, sê Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit.

“Laer topografiese gebiede soos Roodepan en Galeshewe mag dalk vir eers lae waterdruk ervaar omdat ons probeer om die watervlakke oral in die dorp te balanseer,” sê hy.

“Wees hiermee ingelig dat ons waterbeperkings deur die nag sal toepas vanaf 27 Oktober tot en met verdere kennisgewing. Dankie vir almal se samewerking.”