PRETORIA – Stappers het Sondagoggend op die oorskot van vier perde wat deur die weerlig doodgeslaan is, afgekom.
Lede van die gemeenskap en lede van Vriende van Magalies, ’n bewaringsorganisasie, is platgeslaan.
Mense het intussen op Facebook boodskappies ter herinnering van die perde op Facebook geplaas.
“Noudat van hulle dood is, besef mens eers hoe werklik ons hulle waardeer het. Ons sal julle mis en julle onthou soos julle pragtig en lewendig deel van ons natuur was,” lui ’n plasing op die organisasie se Facebook-blad.



