Suzette Kotze van Kimberley se twee seuns het twee dae saam met Petrus Sitho spandeer om skenkings vir boere in die Boshof-omgewing uit te deel.
Franswa Jerome se organisasie, Let’s Fix It
Suzette saam met haar twee seuns, Andre (15) en Wickus (12), het vir Petrus Sitho vanaf Kimberley na Boshof geneem.
Dit volg nadat sy het ’n versoek op Franswa Jerome se organisasie, Let’s Fix It, gesien het dat ‘n man van Kimberley na Boshof geneem moet word. “Ek het reeds skenkings agter op my bakkie gehad en dit goedgedink om die persoon Boshoff toe te neem,” vertel Suzette.
Regtig die dierbaarste mens
Suzette en haar seuns het toe vir Petrus by die busstop in Kimberley gaan haal en hom Boshof toe geenm. “Dis die eerste keer wat ek hom ontmoet,” voeg Suzette by.
Na hulle rit Boshof toe kon Suzette se seuns nie uitgepraat raak oor die goeie dade wat ‘oom Petrus’ doen nie. “Hy is regtig die dierbaarste mens en sy hart is op die regte plek,” is een van Suzette se eerste woorde aan FiND iT. Sy vertel die kinders wou ook Petrus se voorbeld volg en die boere gaan help. Haar seuns wou hê sy moes hom dadelik kontak om te hoor of hulle nog hulp nodig het.
Hulle het die aand gebraai
Suzette vertel Petrus het gesê hulle kan enige tyd kom help om blikkieskos te kom uitsorteer en dat hulle sommer die aand daar moet oorbly. “Ek het my kinders die Saterdag daar gaan aflaai en het hulle weer die Sondag om 15:00 gaan haal.”
Volgens Suzette het Petrus haar kinders soos goud opgepas. Die kinders het haar die Sondag kom vertel hoe hulle die aand gebraai het en hoe hulle gewerk het deur die dag.
Op almal se lippe
“Oom Petrus is ‘n baie goeie mens met ‘n sagte hart. Hy gee baie om vir wat met Suid-Afrika en die boere gebeur,” vertel een van Suzette se kinders.
Petrus se naam is op almal se lippe nadat hy glo by sy werk afgedank is omdat hy saam met die boere op 16 September teen plaasmoorde en geweld opgestaan het. Petrus het intussen na Boshof toe gegaan om die boere wat deur brande geraak word te help.
Lees die vorige berig hier.



