Standbeeld op OR Tambo onthul

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – President Cyril Ramaphosa het vanoggend die bronsbeeld van Oliver Reginald Tambo by die OR Tambo Internasionale Lughawe hier onthul.

Kritiek wees teen die koste

Die standbeeld, wat 9 meter hoog is, is ontwerp uit materiale wat enige weerstoestande vir minstens 200 jaar kan weerstaan. In Ramaphosa se toespraak het hy gesê daar sal wel kritiek wees teen die koste van die standbeeld, maar dat die koste min is in vergelyking war O.R. Tambo vir die land beteken het en wat die metro beplan het.

Volgens Ramaphosa is die beeld die eerste wat mense moet sien wanneer besoekers hul eerste treë in Suid-Afika neem. “Ons wys vir die wêreld dat ons nie ons helde vergeet het nie,” sê Ramaphosa in sy toespraak.