Deacon-moorde: Huishulp verskyn in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

Die vrou wat Vrydag saam met haar kerel in verband met die Deacon-moorde in hegtenis geneem is, het glo vir 24 jaar vir Lizette Deacon gewerk.

Sophie Mmako (51) en Lazarus Mahlo (41) het vandag in die landdroshof in Polokwane verskyn.

Lizette en Hettie Deacon is op 10 September in hulle meenthuis in Welgelegen in Polokwane oorval, met messe gesteek en in hulle motor se kattebak geprop, waarna hulle later buite die stad langs die pad gekry is. Lees die vorige berig hier.

Die saak teen Mmako en Mahlo is tot Vrydag uitgestel.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die polisie is op soek na nog ’n verdagte.

Enigiemand met inligting kan kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 of sers. Phaladi Makola by 082 749 2233 kontak.