‘n Paar pastore, die burgemeester en verskeie ander mense het vandag om 14:00 by die N12 naby Warrenton waar ‘n ongeluk Dinsdag plaasgevind het, bymekaargekom.
Die ongeluk het vyf mense se lewens geëis. Lees meer hier.
Russel Pitchers sê hulle het spesifiek vir die pad, waar baie ongelukke plaasvind, gebid en die Here gevra om die pad te seën en nie weer ongelukke daar te laat plaasvind nie.
“Bid en bly bid! Dankie, Vader.”



