WARRENTON – Vyf mense is dood na ‘n vragmotor en ‘n BMW-afslaankapvoertuig gisteraand in ‘n botsing op die N12 betrokke was.
Russell Pitchers sê die ongeluk het ongeveer 22:50 plaasgevind en die toneel is vanoggend om 06:00 opgeruim.
Die vyf oorledenes het in die BMW gery. Die vragmotorbestuurder het oorleef.
“Ek het die ongeluk sien gebeur. Ek woon ‘n paar honderd meter af van waar die ongeluk gebeur het,” sê Pitchers.
Die vragmotor het glo graan vervoer en het van Meyerton af gekom.





