Polisielede span saam teen dwelmhandel

Deel hierdie storie / Share this story

Polisielede van Barkly-Wes en Delportshoop het vandag op inligting dat dwelms in die twee dorpe verkoop word, reageer.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die lede het verskeie huise op Delportshoop en Barkly-Wes deursoek.

“Op Delportshoop het die lede ‘n huis in 7de Laan deursoek, waar hulle dagga en Mandrax-tablette ter waarde van R400 gekonfiskeer het. ‘n Man (32) is ook op Barkly-Wes op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem en sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.”

Verder sê Ramatseba die lede het nog ‘n perseel op Delportshoop deursoek en op R800 se dagga afgekom.