Vrou wat “diamante soek” maak glo verder moeilikheid

‘n Waarskuwingsboodskap is op sosiale media versprei oor twee verdagte persone wat glo snags rondloop en huise se klokkies lui.

Dieselfde vrou wat na bewering in April vanjaar by ‘n erf in Carringtonstraat ingebreek en “diamante gesoek” het, is nou weer ‘n groot bron van kommer in die Herlear-gebied. Lees die vorige berig hier.

“Die inwoners hier woon in konstante vrees van wat volgende gaan gebeur,” sê ‘n inwoner, wat uit vrees vir viktimisasie nie wil hê sy naam moet genoem word nie. “Hekmotors word gesteel en daar word omtrent daagliks ingebreek,” sê hy.

Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, sê die blonde vrou en ‘n vriend van haar is ongeveer drie weke gelede uit ‘n huis in Minervastraat gejaag. Die huis het vir ‘n geruime tyd leeg gestaan en die twee het daarin gewoon, sê Coetzee.

Die huis is onlangs verkoop en Coetzee sê boukontrakteurs is nou veronderstel om die huis vir die nuwe eienaars te restoreer, maar vind dit baie moeilik omdat die vrou en haar vriend glo dele van die huis se deurrame en deure afgebreek het.

Die twee woon volgens ‘n bron blykbaar in dié gat onder die grond in ‘n park in Herlear. Die stukke van die huis wat hulle afbreek om aan die brand te steek, is op die foto’s duidelik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: