LUR Bloem verseker regulasies word gevolg

Deel hierdie storie / Share this story

Nomandla Bloem, LUR vir die Noord-Kaapse departement van vervoer, het vandag ‘n paar terreine nagegaan om te verseker die Covid-19-regulasies word gevolg.

Sy het die taxistaanplek in Cravenstraat in die middestad, die Sol Plaatje-bestuurslisensiekantore, die poskantoor en die Dekra-bestuurslisensiekantore besoek.