GAUTENG – David Makhura, premier van Gauteng, het positief getoets vir die koronavirus. In ’n verklaring wat op 10 Julie uitgereik is, noem Makhura dat hy Woensdag ligte simptome van die virus getoon het.
“Ek het Donderdag begin selfisoleer en besluit om my as voorsorgmaatreël vir Covid-19 te laat toets. Ek het vandag my toestuitslae teruggekry en ek het positief getoets,” sê hy. “Ek is tans in selfisolasie en volg die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyne. Ek sal vir die volgende 14 dae van die huis af werk en my gesondheid monitor.”
Makhura sê terwyl hy nog net ligte simptome van die virus het, sal hy steeds seker maak die provinsiale raad en koronavirusraad reageer soos van hulle verwag word in die geveg ten die virus.
“Ons moet nou meer insit as ooit vantevore, want Gauteng is weereens die middelpunt van die pandemie. Hou dus steeds aan om gereeld hande te was en te saniteer, ’n masker te dra en sosiale distansiëring te handhaaf.”
Klik hier vir die nuutste Covid-9-syfers in SA.



