Tatoes en pizza in stede van ’n onthaal

Deel hierdie storie / Share this story

Aweng Ade-Chuol en Alexus Ade-Chuol was só verlief dat hulle in die stadsaal van Manhatten getrou het en sommer tatoes en pizza in pleks van ’n onthaal gehad het. “Ek is vir haar so lief dat my kleintydse troudrome by die venster uitgevlieg het. Ek het geweet ek sal in ’n sweetpakbroek met haar trou as ek moet.”

Die paartjie het mekaar by ’n besigheidsvergadering ontmoet. Alexus is ’n naelkunstenaar en wanneer Aweng nie op die loopplank is nie, studeer sy aan die Universiteit van New England om haar graad in regte te voltooi.

Die twee het vir nege maande uitgegaan voor Aweng vir Alexus in hul hotelkamer gevra het om te trou. Aweng het hulle verlowing op Twitter aangekondig.

Die troue is by die Manhatten-stadsaal gehou. “Ek het haar so lief, ek wou net by haar en ’n paar ander mensne wat vir ons baie beteken, wees,” sê Alexus oor hulle nie ’n groot troue gehou het nie.

Die seremonie was eenvoudig en oulik. Die paartjie het hulle eie huweliksbeloftes geskryf. Alexus sê haar beloftes sal vir ’n lang tyd haar beste skryfstuk bly.

Die paartjie het na die troue beide XII-tatoes by Alexus se gunsteling-tatoeëerwinkel op hulle ringvingers gekry. Ná die tatoes het die pasgetroudes by ’n pizzarestaurant gestop om pizza te bestel en so hulle perfekte dag afgesluit.

Foto; Vogue

Nron: Vogue