Sol beplan wateronderbreking

Deel hierdie storie / Share this story

Neem kennis die Sol Plaatje-munisipaliteit sal ’n 24 uur-wateronderbreking van 11 tot 12 Julie implementeer.

Die rede vir hierdie wateronderbreking is twee kleppe wat by Riverton geïnstalleer word.

Inwoners word aangespoor om self voorsiening te maak vir water. Jojo-tenks in informele gebiede sal voor die onderbreking volgemaak word.

Die munisipaliteit vra om verskoning aan die inwoners vir enige ongerief.

https://www.facebook.com/1825101897517472/posts/3573228166038161/