Die koronasyfer in Suid-Afrika het oornag met meer as 13 000 gevalle gestyg. Daar is nou ’n totaal van 238 339 positiewe gevalle in Suid-Afrika.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het in ’n verslag bekendgemaak die Noord-Kaap is steeds die provinsie met die minste aantal persone wat positief vir die virus getoets het. Die Noord-Kaap het 1 039 gevalle. Gauteng is nou die provinsie met die meeste aantal gevalle. Daar is tans 81 546 positiewe gevalle van die virus in dié provinsie.
Volgens die verslag van die WGO is die ouderdomsgroep tussen 25 en 39 jaar oud die groep wat die meeste deur die virus geaffekteer word.
Daar is nou ’n totaal van 3 720 sterftes en 113 061 persone is al van die virus genees.



