Vrou dankbaar ná Sol-werkers uiteindelik haar drein oopmaak

Deel hierdie storie / Share this story

Talita Strydom, wie se drein vir byna ‘n week verstop was, sê die Sol Plaatje-munisipaliteit se werkers was vandag by haar huis om die drein op haar erf oop te maak. Lees die vorige berig hier.

“Dit het hulle nie eers twee minute geneem om die drein te ontblok nie. Ek is só dankbaar vir hulle harde werk. Dit was goeie diens en ek is meer as tevrede,” sê Strydom.