December 2, 2020

Swanger vrou sterf in plaasaanval

Foto: Unsplash

KwaZulu-Natal – ’n Ma van twee (26) is Saterdag 4 Julie 2020 tydens ’n plaasaanval vermoor. Sy was swanger met die paartjie se derde kind.

Haar man was na bewering in ’n geveg met die aanvallers en is ernstig beseer. Die aanvallers het glo ook die 8-jarige seun gewurg. Die paartjie se 4-jarige is ongedeerd.

Die man is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het die voorval bevestig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *