Die Fair Trade Independent Tobacco Association (FITA) se saak teen Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, om die sigaretverbod tydens die inperking te lig, is deur die Pretoria-hooggeregshof van die rol geskrap.
Die organisasie het in ‘n stryd met die regering gewikkel geraak ná die koop en verkoop van sigarette tydens die inperking as onwettig verklaar is. Die organisasie het onder andere aangevoer dat die verkoop van sigarette noodsaaklik is, omdat dit verslawend is. Lees meer hier.
Regterpresident Dunstan Mlambo het in sy uitspraak gesê: ‘FITA se argument dat sigarette noodsaaklik is omdat dit verslawend is, het geen meriete nie. Die feit dat dit verslawend is, maak dit nie noodsaaklik nie.”
Dit is ook bekend gemaak dat British American Tobacco SA (BATSA) se hofsaak om die regering te dwing om die sigaretverbod te lig, eers in Augustus weer sal voorkom.



