Een dood toe vliegtuig val

Deel hierdie storie / Share this story

Pretoria – Een persoon het omgekom toe ’n vliegtuig vanmiddag by die Wonderboom-lughawe geval het.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid, sê volgens die inligting wat beskikbaar is, was daar net een persoon aan boord, wat ongelukkig noodlottig beseer is.

Ondersoekbeamptes is gestuur om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. Verdere besonderhede oor die ongeluk sal op ’n latere stadium bekend gemaak word.

Foto; Netwerk24